Psalms

Chapter 13

1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2 Hoe lank, Here , sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?

3 Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?

4 Aanskou tog, verhoor my, Here , my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie;

5 sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie.

6 Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die Here , omdat Hy aan my goed gedoen het.